EK verkneukel my voyeuristies in gepubliseerde briefwisselings tussen fynbesnaarde, woordvaardige individue. Om ’n vlieg teen die muur te wees, om die hartstog, wrewel, spyt en vooroordeel van ’n vroeër era in te adem. Soos die korrespondensie tussen die geniale Louw-broers met die outomatiese fascisme van die tydgleuf. En Vlam in die sneeu, die brose woorde tussen André P. Brink en Ingrid Jonker. Dis gelukkig dat Brink homself vernaam genoeg geag het om sy briewe op koolpapier te skryf en afskrifte te hou. Skrywers skryf tog maar hoeka met ’n oog op publikasie en die verganklikheid.
Van die mooiste gedigte is in briefvorm, soos hierdie epistel van Chris Pelser:
gisteraand TV gekyk
op die skerm vergeefs van Maandagshoek
tot Swakopmund na jou gesig gesoek
– toe by Kaapkruis met sy grafte
het ek op ’n windnat klip gaan sit
en oor miljoene korrels sand
jou naam op al elf kruise uitgekerf..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.