ONS is almal op soek na die paradys, hemel op die platteland, ’n rustiger, eenvoudiger lewe nader aan die aarde. Vryheid. In Hanya Yanagihara se jongste boek, To Paradise, het New York, New Jersey en nog ’n hand vol state in ’n verbeelde 19de eeu afgestig van die Verenigde State en hulleself The Free States genoem. Daar mag ’n mens trou met wie jy wil, ongeag hulle geslag. Die protagonis, David Bingham, het ’n kêrel. Sy broer het ’n man en sy suster ’n vrou.
Het jy geweet in ons eie Vrystaat is daar ook ’n Free State: die dorpie Rosendal. Daar is veral vrouepare aan die orde van die dag, die reël eerder as die uitsondering. Dis Letland, dis die parradys. Ek het self daar gewoon in 2011 en ’n bietjie.
Ek onthou stikdonker nagte met triljoene sterre, dagbreke wat jou hart breek, rosige sonsondergange, wuiwende gras, groen koppies en ’n dam stil soos ’n gedagte, die supernova volmaan wat die dorp vol hang. Klippe, klippe, klippe, my lieflinge...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Die antwoord, my vrind, dit wapper in die wind