Hentiesbaai, ’n klein drinkersdorpie met ’n groot visvangprobleem

LYNE NATMAAK

Hentiesbaai, ’n klein drinkersdorpie met ’n groot visvangprobleem

Die manne ry spesiaal uit die Boland Henties toe, maar al wat hulle kry, is die woestynwind en babers, ’n dagvaarding en ’n boete. HEINZ THEUNISSEN vertel hoe hul geluk gedraai het, en hopelik lieg hy nie oor daai vet kabeljou nie.

  • 04 Mei 2022
  • Mense & Kultuur
  • 7 min om te lees
  • artikel 2 van 10
  • Heinz Theunissen

“DIS asof iemand elke oggend dié tyd ’n fokken fan aansit,” sê Eddie. Ek, hy, Adriaan en Terence sit in die double cab by Horingbaai waar ons wegkruip vir die woestynwind.

Ons het drie dae tevore in Hentiesbaai aangekom nadat ons maande vroeër besluit het om weer die viswaters van Namibië te besoek. Ons het weggespring by Durbanville, die eerste aand in Keetmanshoop geslaap en die volgende dag deurgedruk Henties toe. Die dag hierna het ons met ywer en afwagting die see noord van Henties aangedurf.

Ons het ons beste gegee; desondanks was die dag ’n volslae misoes, so ook die volgende twee dae. Die enigste vis wat gevang is, was babers en daarby het die wind wat van die land se kant af kom ons toegewaai onder die sand. Die gebrek aan sukses langs die viswaters het egter nie verhinder dat daar elke aand fluks langs die braaivuur gekuier is nie. Aangevuur deur stories van vorige vangste en rooiwyn is daar opnuut planne gemaak vir die volgende dag se visvang...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.