Liewe leser, sluk jy soms swaar aan ’n titel?

DIE BOEK VAN OMVAL EN NAAMVERLAAT

Liewe leser, sluk jy soms swaar aan ’n titel?

Wat maak ’n boek onweerstaanbaar? Op sy baadjie takseer lesers ’n roman wél, en die titel speel ook ’n rol in die besluit om ’n boek te koop of neer te sit. DEBORAH STEINMAIR speel ’n drinkspeletjie met boektitels, want sy reken die boekbedruif kan straks baat by versterking.

WAT maak ’n boek onweerstaanbaar? Oor daardie vraag obsedeer uitgewers. Natuurlik hoop ’n mens op liefde met die eerste oogopslag, want op sy baadjie takseer lesers ’n roman wél.

Tydens boekwinkelboemels ding ’n skare kreatiewe voorblaaie mee om die aandag van jou oë, en beursie. Wie gaan saam huis toe? En watter rol speel die titel van ’n roman in die besluit om te koop of neer te sit? Dikwels is die titel vergeetbaar, behalwe as die boek ’n classic en dit amper ’n spreuk in die volksmond word. Sekere titels kry onmiddellik lêplek in jou kop, soos Ons is nie almal so nie. Dit klink soos die begin van ’n gesprek, of asof jy ’n vertrek in die middel van ’n gesprek binnegestap het. Jy moet weet hóé en of jy óók nie so is nie.

My geskiedenisonderwyser op hoërskool was ’n gefrustreerde skrywer, dink ek. Hy het graag titels uitgedink vir denkbeeldige prulromans, soos Die lykswa was laat en Trane in my baard – aangekondig met ’n pokergesig en stem wat tril van aandoening. ’n Vriendin van my het eenkeer saam met ’n beroemde skrywer ’n hygroman geskryf wat nooit die daglig aanskou het nie. Die voorlopige titel was Onrus op Impala...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.