Lyfbeeld en die dissonansie in die spieël

SKIELIK IS EK VRY

Lyfbeeld en die dissonansie in die spieël

Skoonheid vergaan, maar deeg bly staan, spot DEBORAH STEINMAIR. Anders as haar pragtige dogters met hul sterk en aantreklike Oostenrykse gene is sy nou ‘nie vet nie en nie maer nie’, haar eens skewe voortande is gekroon en sy sien kans vir die jare wat kom.

EK hou nooit juis van wat ek in die spieël sien nie, en tog: By die haarkapper het ek myself al in die weerkaatsing verras, per ongeluk my eie oog gevang, met nat hare teen die kop gepleister, maar geanimeerd, aan die praat, en gedink: lyk na ’n interessante vrou. Dit was nog altyd vir my vreemd, daardie oomblik waarop jy jou spieëlbeeld betrap, soos ’n steelfoto. “In the glass I saw a strange reflection. Was that lonely woman really me?” uit “Those were the Days my Friend”. Of Gert Vlok Nel wat sing: “Jy het na jou gesig in die rear view mirror gekyk en gesê miskien moet ek gelukkiger lyk.”

Daar was in 1990 ’n uitstekende fliek oor lyfbeeld: Eating. Die regisseur was Henry Jaglom. Dit speel by ’n vrouepartytjie in Los Angeles af en dis met ’n handvideo opgeneem. Dit sentreer om vroue se verhoudings met kos. Ek onthou vir ewig een reël: “I have yet to meet a man who can turn me on as much as a baked potato.” Op die ou end blyk dit niemand is tevrede met haar lyf nie; dit herberg trauma en verwerping. Kos is konstant, kos troos.

Ken jy die Australiese komediant Celeste Barber? Ek dink sy is heel aanvallig in die regte lewe, maar sy is ’n grapjas wat haarself telkens aspris laat afsteek teen supermodelle. Die model gooi ’n been wat nooit ophou nie vertikaal by ’n sportmotor se deur uit en doen min of meer ’n wawiel tot op die vloer. Celeste steek ’n welgevormde maar voller en korter been by ’n Corolla of iets uit, halfmas, en struikel dan halsoorkop uit die motor. Die sexy model drink water en giet dit in ’n sierlike boog oor haarself, sy dra skrapse onderklere. Celeste gooi haarself waternat en sy dra ’n oumabroek, ’n spanspek tot in die middellyf, grys verbleik. Sy is die ene konsentrasie en uiters uncool...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.