’n Visie vir reëntorings wat dorre woestyne in oases kan omskep

TOEKOMSBLIK

’n Visie vir reëntorings wat dorre woestyne in oases kan omskep

Kan argitektuur help om tans onherbergsame plekke bewoonbaar te maak? ANESCA SMITH bekyk die voorstelle van 'n Kaapse firma.

’N WOLKEKRABBER in die middel van die woestyn – hoog genoeg om reënwater op te vang vóórdat dit verdamp, die water dan met ondergrondse pompe te herlei en sodoende groen oases te skep. Én hopelik nuwe gemeenskappe in tans onherbergsame gebiede te bou.

Dié idee het ’n Suid-Afrikaanse argiteksfirma, BPAS, pas ’n plek in die eindrondte van die Redesign the World-kompetisie besorg. Dezeen, een van die wêreld se invloedrykste argitektuur- en ontwerptydskrifte, sit agter dié kompetisie. Die doel is om ondersoek in te stel na hoe die mens die planeet in die toekoms bewoonbaar kan hou.

Nie vir niks nie was verwoestyning een van die groot besprekingspunte by die afgelope COP26-beraad in Glasgow. In Afrika word die hoop onder meer gevestig op die sogenaamde Groot Groen Muur – ’n ambisieuse vergroeningsprojek wat oor 8,000 km moet strek van Senegal in die weste tot Djiboeti in die ooste om die Sahara-woestyn te stuit...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.