LEES WEER | Wat lê in die psige van Suid-Afrika se skadu?

ONS HET ALMAL PTSV

LEES WEER | Wat lê in die psige van Suid-Afrika se skadu?

Soms voel dit vir haar dat Suid-Afrika soos Simson is wat eerder die tempel sal laat intuimel, nie net op sy vyande nie, maar ook op homself – net omdat hy nie ’n ruimte binne homself kon maak vir sy weerloosheid nie, het die sielkundige MELODY PICK geskryf in hierdie artikel, wat op 30 Oktober 2020 in Vrye Weekblad verskyn het.

MET die politieke oorgang in Suid-Afrika in die vroeë 1990’s was daar ’n kollektiewe samespanning, of dalk eerder sameswering, om gestalte te gee aan aartsbiskop Desmond Tutu se idee van ’n reënboognasie. Internasionaal is ons geprys vir ’n vredevolle oorgang van apartheid na ’n demokrasie. Aan die hoof van projek sosiale samehorigheid was immers ’n man wat 27 jaar van sy lewe opgeoffer het. Nêrens was daar ’n groter simbool, ’n amper mitologiese figuur, van vrede en verdraagsaamheid as Nelson Mandela nie.

So word ons emosioneel gekoöpteer met die verantwoordelikheid vir nasionale eenheid. Dit sou skandelik wees as ons sy boodskap van vergifnis verwerp ten spyte van ons gedeelde psigiese wonde.

In die bestek van ’n paar jaar word van ons as nasie verwag om die politieke kopskuif te maak van waar die einste Desmond Tutu Bybel onder die arm nog die weermag konfronteer in strate waar motorbande gereeld gebrand het tot ’n newelbeeld van ’n laggende, rasgeïntegreerde groep wat iewers op ’n luukse rooftop bar hand om die blaas Castles drink...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.