Die 087-gier wat agies laat opdok het

UIT DIE ARGIEF

Die 087-gier wat agies laat opdok het

In die 1990's was daar ’n hele rits 087-nommers vir alles en almal. Skakel jy ’n bepaalde nommer, kry jy telefoonrate vir ontydige ejakulasie en koue vroue, raad oor hoe om ná ’n hartaanval te leef, hoe om spanning te verlig, wat om te doen as jy homoseksueel is, hoe om te werk te gaan met depressie, geboortebeperking, eensaamheid, gesinsgeweld, ensovoorts. PEARLIE JOUBERT en ESMA ANDERSON het vir Vrye Weekblad van 28 Februarie 1992 ’n paar van dié 087-nommers gebel.

  • 24 November 2021
  • Vrye Denker
  • 8 min om te lees
  • artikel 7 van 8
  • Pearlie Joubert & Esma Anderson

SOMMIGE van die onderwerpe waartoe mens met die 087-gier oor jou telefoon toegang kan kry, klink nogal stouterig. Maar die mense wat byvoorbeeld die masturbasienommer bel in die hoop hulle kry dalk foonseks of iets dergeliks om die koerasie op te jaag, sal die telefoon ná die eerste minuut teleurgesteld neersit.

En as hulle dit nie dadelik neersit nie, sal hulle twee keer dink wanneer die telefoonrekening aan die einde van die maand opdaag. Die boodskappe is soms tot sewe minute lank – en teen R2,25 tot R6,60 per minuut kan een oproep jou maklik R40 uit die sak jaag.

Dié nuwe idee van betaaloproepe maak glo miljoene rande, maar ’n paar oproepe later kom mens agter dis eintlik nie veel meer as ’n geldmaakstorie nie. En tog sou iemand in nood, veral wat sake soos verkragting en molestering betref, potensieel hulp van groot waarde kon kry deur ’n private, anonieme telefoonoproep...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.