Jan Rabie: ‘Ons het die volste reg om anargisties en...

UIT DIE ARGIEF

Jan Rabie: ‘Ons het die volste reg om anargisties en bedonnerd te wees’

Jan Rabie, destyds die voorloper van die Sestigers wat sedert die 1950's probeer het om die oorlewing van Afrikaans te verseker en hom terselfdertyd vir die vereniging van alle Afrikaners – bruin, swart en wit – beywer het, se werke het in die 90's amper profeties gelees, hoewel hy nie altyd erkenning daarvoor kry nie. CHRISTELLE TERREBLANCHE het vir die Vrye Weekblad van 29 November 1991 net ná sy 71ste verjaardag met hom op Onrus gaan gesels om te hoor of hy nie ook oor die toekoms wou profeteer nie.

  • 06 Oktober 2021
  • Mense & Kultuur
  • 14 min om te lees
  • artikel 7 van 8
  • Christelle TerreBlanche

DIE Griekse papawers wat rond en bont oor die twee akker grond in Vermont by Onrusriviermond groei, begin al verwelk. Jan wys sy tuin, oorgroei met struike en melkhout, geelhout en lanings windbrekers teen die suidoos.

Hy wys die groentetuin, gaan haal later 'n groot murgpampoen wat hy môre met aartappels op die Griekse manier wil eet. Vanaand is daar die alikreukels wat uitgehaal is. Hy wys trots die kothuis wat hy eiehandig gebou het en die sonpaneel waarmee krag gespaar kan word. As een van die eerste stemme wat vir ekologiese bewaring opgegaan het, kla Rabie dat hy al sy vingers stomp baklei het om die oordadige ontwikkeling en uitmergeling van die see by Onrus te stop. En die korrupsie.

In die bome kwetter die vinke in talle neste wat net buite Marjorie Wallace, sy vrou en die bekende skilder, se ateljee bo-op die ou plaashuis van Vermont hang. Marjorie is van Skotse afkoms en het Jan in Parys ontmoet. Het ek gehoor hoe mooi sy Afrikaans praat? vra Jan...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.