Etienne Leroux se laaste sê

UIT DIE ARGIEF

Etienne Leroux se laaste sê

In die lente van 1989 het Etienne Leroux, die veelbekroonde skrywer van omstrede boeke soos Sewe dae by die Silbersteins en Magersfontein, o Magersfontein!, ná 'n lang stilswye weer aan 'n nuwe roman gewerk. KOOS PRINSLOO en RYK HATTINGH het destyds met hom op sy plaas Janee naby Koffiefontein in die Vrystaat gaan gesels vir die Vrye Weekblad Boeke-uitgawe van daardie jaar. Dit was een van bitter min onderhoude met dié literêre legende en boonop slegs maande voor sy dood.

  • 01 September 2021
  • Mense & Kultuur
  • 16 min om te lees
  • artikel 8 van 11
  • Koos Prinsloo & Ryk Hattingh

STEPHEN LE ROUX (die 67-jarige man agter die skuilnaam Etienne Leroux) sit agter'n kliptoonbank in die ingangsportaal van die groot, wit opstal met die blou vensterrame en kosyne wat aan Griekeland herinner. Uit 'n klein yskassie haal hy blikkies Black Label, Coke in 'n literbottel wat hy iemand vra om oop te draai. Sy hande is nie meer sterk genoeg nie. Hy weet ook nie wat om met hulle te doen nie. Vroetel met drie tjekboeke in plastiekvouers voor hom. Soos tarotkaarte. 

'n Bejaarde vrou verskyn met 'n souttert op 'n skinkbord. “Kleinbaas?" sê sy vir Stephen. Niemand is nog honger nie. Later aan etenstafel bedien sy en 'n jonger, meer onderdanige vrou onder bevel van Elizabeth Ie Roux aartappels, pikante soetwortels, broccoli, filet en tong, en gestoofde appels met room en vla.

Elizabeth haal 'n bottel wyn uit die buffet. KWV Cabernet. “Nee, dis te grand vir hulle," lag Stephen. Die bottel word in elk geval oopgemaak. 'n Stuk van die kurkprop het afgebreek en Stephen klap die bottel met beide hande. Onhandig. Amper ongeduldig. Elizabeth staan op om die bottel by hom te vat. Sy druk die stuk kurk met 'n mes af. Hy skink die wyn, vra die seën voor hulle eet. Vinnig, onhoorbaar, so asof hy nie wil hê die mense om die tafel moet hoor wat hy sê nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.