Lees Vrye Weekblad GRATIS vandag en spaar 50% op ’n intekening

SPESIALE AANBOD

Lees Vrye Weekblad GRATIS vandag en spaar 50% op ’n intekening

Ons volle uitgawes van 27 Augustus en 1 September is gratis om te lees, so kom kyk gerus waaroor al die bohaai gaan.

Image: 123RF/ERANICLE/VRYE WEEKBLAD

Goeie nuus vir Afrikaanssprekende lesers reg oor die wêreld: Vrye Weekblad se volledige uitgawes van 27 Augustus en 1 September is GRATIS om te lees, so ons gee almal 'n kans om te sien wat ons duisende intekenaars reeds elke week geniet.

>> Lees die volle uitgawe van 27 Augustus nou

Jy hoef net te registreer om enige van hierdie artikels te lees.

Daarmee saam is daar 'n spesiale aanbod: Teken in teen net die HELFTE van die gewone prys.

So, as jy nog nie ingeteken is nie, is dit 'n onverbeterlike tyd om by ons aan te sluit en so min soos R50 per maand te betaal vir AGT uitgawes van Vrye Weekblad.

Ons intekenaars geniet ook daaglikse nuusbriewe per e-pos met eksklusiewe artikels deur Max du Preez, Anneliese Burgess, Heindrich Wyngaard en ander bekende skrywers.

As jy reeds 'n intekenaar is, deel asseblief hierdie week se gratis inhoud waarvan jy hou met soveel as moontlik mense ... en ons het nie van jou vergeet nie: hou 'n oog op jou inboks hierdie week vir details oor lekker pryse en ander bonusse vir ons intekenaars.

>> Die nuwe uitgawe van Vrye Weekblad is elke Woensdag- en Vrydagoggend om 06:00 beskikbaar by www.vryeweekblad.com.


In hierdie uitgawe

Ons skop ook sommer hierdie week af met  'n nuwe afdeling: Vrye Tyd. Daarin plaas ons korter en ligter lekkerlees-stories oor kos en reis en naweke weg, oor tuinmaak en leefstyl-trends.

Hierdie week skryf Lientjie Wessels oor kook met malvas, Isabella Niehaus vertel hoekom stampmielies haar gunstelingbestanddeel in die kombuis is, en Anneliese Burgess vertel oor hoe die mikrogolfoond ewe skielik mainstream geraak het. Andries Bezuidenhout gaan kuier in Makhanda en Max du Preez wandel deur Simonstad. En dan vier Melvyn Minnaar die Stellenbosse Wynroete se 50ste verjaarsdag met drie uithaler-wyne.

Op 'n ernstiger noot vra Max: Mevrou De la Rey, sal jy die Boere kom lei? Die formidabele Koos de la Rey se vrou, Nonnie, het as gevolg van die heldeverering vir haar man en die patriargale houdings van die tyd min erkenning gekry, afgesien vanuit die geledere van die Britse offisiere.

Anneliese praat ook met Geordin Hill-Lewis, die DA se burgemeesterskandidaat vir Kaapstad.

Bring terug die doodstraf, eis baie misdaadvoos Suid-Afrikaners. Maar, vra Chris Marnewick, wie wil ’n veroordeelde in die oë kyk, die tou om sy nek sit en die valdeur se hefboom trek?

En op 'n vroliker noot: Bogger die stiltes, skryf Koos Kombuis, dis weer tyd om die pad te vat na die KKNK toe.

Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.