Doodstraf: Die klap van die valdeur en die kraak van ’n nek

KRONIEKE VAN REG EN ONREG

Doodstraf: Die klap van die valdeur en die kraak van ’n nek

Met 20,000 moorde per jaar vra ál meer Suid-Afrikaners vir die doodstraf. Maar wie wil ’n veroordeelde in die oë kyk, die tou om sy nek sit en die valdeur se hefboom trek, vra CHRIS MARNEWICK SC, wat daar was in die jare toe gevangenes gehang is.

DIE aanklaer bly by haar tafel sit, gesig in haar hande. Haar skouers ruk soos sy snik; haar grimering trek swart strepe op haar wange en vlek haar spierwit beffie. Sy besef sy het die proses begin wat uiteindelik die beskuldigde se lewe gaan neem.

Draai die horlosie ’n uur of wat terug, en die snikkende bondel betoog met drif vir die doodstraf. Die moord was brutaal en beplan. Daar is geen versagtende omstandighede nie. Die reg vereis die vernietiging van die beskuldigde as mens, haal sy ’n appèlregter aan terwyl die beskuldigde ongeërgd agter haar sit.

Sy stel die beskuldigde se verweer met knap kruisverhoor en flink regsargumente aan die kaak, kyk hom in die oë, en vra vir sy lewe. Die regter, ewe ongeërgd, lê die doodstraf op en die beskuldigde word summier uit die hof verwyder...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X