MALVAS soos ons dit ken, is meestal inheems aan ons land en Namibië. Dit kom eers in die 17e eeu in Europa aan, en vandaar ontwikkel die malva en versprei dit oor die wêreld heen waar dit ’n geliefde pot- en tuinplant word. Daar is meer as 250 spesies en elke jaar word nuwe variëteite gekweek.
Malvas word al eeue lank gebruik om kos te versier, maar ook ekstra geur te gee. ’n Mens sien die gebruik daarvan saam met rose en viooltjies in Romeinse geregte soos ’n ryspoeding met lemoenbloeiselwater of rooswater. Dis so aangeteken deur Alan Davidson in sy The Oxford Companion to Food. Daar word juis gesê die kontemporêre Engelse kombuistuin met al sy verskillende kruie is ’n replika van hoe die Romeinse kombuistuin gelyk het.
Voor jy begin kook en bak, is dit belangrik om hier te noem dat nie alle malvas eetbaar is nie. Sommige is uiters giftig; dus moet jy eers baie seker maak watter malva jy beet het voordat jy dit in kos gebruik...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.