DR. SUSAN VOSLOO is een van Suid-Afrika se bekendste dokters. Sy was in 1988 die eerste vrou in die land wat as ’n hartchirurg gekwalifiseer het en sy het op die ouderdom van 33 haar eerste hartoorplanting gedoen. As ’n praktiserende pediatriese hartchirurg geniet sy hoë aansien, en juis daarom is daar soveel ontsteltenis oor ’n rits uitsprake wat sy maak in ’n video wat wyd versprei word.
Op die video sê Vosloo onder meer “die risiko van die entstof is erger as die risiko van die virus” en “die entstof is nie ingebring vir Covid nie, Covid is ingebring vir die entstof”. Sy verkondig ook dat die samestelling van die entstowwe ’n geheim sou wees, “soos die kruie van Kentucky” (KFC), en dat dit dodelik kan wees. In werklikheid is die samestelling van die entstowwe openlik bekend (https://portal.ct.gov/Coronavirus/Covid-19-Knowledge-Base/Vaccine-Ingredients).
Vosloo sê voorts op die video (op die BitChute-platform) dat sterftes “een van die komplikasies van die entstof is”. Dit is “gene-terapie verbloem as entstowwe” wat kwansuis in die toekoms gevolge soos onvrugbaarheid, erge neurologiese komplikasies en vaskulêre skade kan hê. Sy staaf niks van dié bewerings met wetenskaplike navorsing nie, in kontras met byvoorbeeld hierdie (https://www.nature.com/articles/d41586-021-01505-x)...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Sê met dié feite die Covid-bogpraters die stryd aan