Komaan SA, ons wil ’n maskerlose Kersfees hê!

DIE STRYD TEEN COVID

Komaan SA, ons wil ’n maskerlose Kersfees hê!

Die entstof-reis waarop ons as Suid-Afrikaners is, is uniek in ons ganse geskiedenis. Ten spyte van haakplekke vaar ons ná minder as drie weke goed in dié onbekende waters, en kan ons dalk net ’n maskerlose Kersfees beleef, skryf ELSABÉ BRITS.

MARTIN KINGSTON, die man wat die privaat sektor verlede jaar onder een dak gemobiliseer het om Covid-19 op vele vlakke saam met die regering te takel, glo dit sonder twyfel: Suid-Afrika sal binne ’n paar maande in volle gang wees om 250,000 tot 300,000 mense per werkdag teen Covid-19 te kan immuniseer.

Business for South Africa (B4SA) en Kingston praat nie net nie, hulle dóén. Die taktiek is om alle ysters in die vuur te gooi, uit een mond te praat en saam te werk sodat die entstofprogram vlot kan verloop. Die doelwit is om die impak van die pandemie te verwyder sodat die land so gou moontlik na ’n funksionele ekonomie kan terugkeer.

Kingston, wat benewens voorsitter van B4SA se dagbestuur ook die uitvoerende voorsitter van Rothschild & Co. is, is oortuig dat Suid-Afrika teen die einde van vandeesweek reeds 100,000 mense per werkdag kan immuniseer. Daarna: binne ses weke 200,000 immuniserings per dag, en binne twee maande nog baie meer, sodat die uiteindelike teiken van 40 miljoen mense gehaal kan word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.