Die vreemde wêreld waar Lang Messe, gevalle engele en die...

ANTIE APOKALIPS

Die vreemde wêreld waar Lang Messe, gevalle engele en die koning van Afrika saamleef

Einde Junie vanjaar het 'n stemboodskap deur 'n kwansuise boere-‘profeet' soos 'n veldbrand in sekere dele van die gemeenskap versprei. Dit het onder meer gewaarsku dat die Covid-entstof eintlik 'n ‘tipe remote-kill button' is om ‘nasies' uit te wis. Nadat 'n opholgejaagde familielid haar daaroor gevra het, het ANNELIESE BURGESS gaan uitvind wie agter dié aansteeklike stuk disinformasie sit. Dié artikel het op 2 Julie in Vrye Weekblad verskyn.

“Goeiemôre groep en volksgenote. Dit is vandag 25 Junie. Hierdie audio is 'n bietjie overdue ... Ek wil hê jy moet hom stuur. As jy nou geluister het en dit maak vir jou sin, stuur hom maar vir 'n vriendin, vir 'n onderwyseres wat jy miskien ken, vir 'n polisieman, vir 'n persoon in die weermag. Miskien kan ons nog 'n paar red ..."

DÍT is hoe die stemboodskap begin. Soms kraak haar stem van emosie. Twintig minute lank rol die waarskuwings oor die gevare van (enige) Covid-entstof en apokaliptiese beelde van massadood uit haar mond. Sy eindig met die volgende stelling as feit: dat die Covid-entstof “'n plan is om van die populasie ontslae te raak met 'n tipe remote-kill button".

Haar hart is verskriklik seer, sê sy, want daar is net 'n handjievol mense (soos sy) wat bereid is om die waarheid te verkondig: “Ons totale lewe wat ons het, gaan verander. Want daar gaan nie susters en dokters en hospitale wees wat funksioneer nie. Daar gaan nie polisie en weermag wees wat funksioneer nie. Op die ou einde sal daar nie onderwysers of skole wees wat funksioneer nie want daar gaan net nie genoeg van hierdie professionele persone wees nie ... Daar sal 'n nuwe tydperk vir die aarde aanbreek. Bo en behalwe die ander veranderinge. Daar sal nie genoeg boere wees om te produseer nie. Die lewe soos ons dit ken, soos wat jy dit vandag ken, gaan totaal verander."..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.