DIE e-pos van André de Ruyter plop in my inboks 'n uur ná my Dinsdag-bulletin vir Vrye Weekblad waarin ek vertel het van 'n leser wat kla sy is “moeg geploeg en bedonnerd" ná 'n tevergeefse poging om onwettige kragaansluitings te probeer aanmeld.
“Beste Anneliese," skryf De Ruyter, “ek wil graag ondersoek instel na hierdie geval, nie net die beweerde diefstal van elektrisiteit nie, maar ook die swak hantering van die klagte."
Ek was oorbluf om 'n brief van die baas van Eskom te ontvang oor die leser se frustrasie (hy sou my later vertel hy is 'n ywerige Vrye Weekblad-leser). Maar wat my nog meer beïndruk het, was die terugvoering van De Ruyter ses minute oor ses daardie aand wat gesê het die “aangehegte e-pos-spoor wys dat ons darem vuur kan maak as dit nodig is!"...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.