‘Asseblief, help ons: Niemand anders weet wat om te doen nie’

GIFT OF THE GIVERS IN OEKRAÏNE

‘Asseblief, help ons: Niemand anders weet wat om te doen nie’

Imtiaz Sooliman het aan ANNELIESE BURGESS vertel hoe Gift of the Givers met noodleniging in Oekraïne betrokke geraak het.

DIT het begin met 'n oproep van die Oekraïense Vereniging van Suid-Afrika, drie dae ná die Russiese inval, vertel Imtiaz Sooliman, stigter van die noodlenigingsorganisasie Gift of the Givers: “Asseblief, help ons. Almal sê julle is die enigste ouens wat sal weet wat om te doen."

Sooliman sê hy en Gift of the Givers word deur 'n hoër hand gelei. “Ons organisasie is spiritueel. Alles kom na jou toe, jy soek nie daarvoor nie," sê hy elke keer as ek hom vra hoe hy kies of besluit waar Gift of the Givers betrokke gaan raak. 

Dit is duidelik ook so met die noodleniging in Oekraïne. Dit begin klein, byna onsamehangend. En dan is daar 'n simmetrie wat begin ontwikkel, soos wat Sooliman netwerke bou en mense bymekaar bring en die geld kry om planne in aksie te verander...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.