DIT was destyds 'n groot drama – toe die WNNR sy mees senior NRF-geakkrediteerde wetenskaplike skors oor 'n voorlegging wat hy by 'n konferensie sou doen oor die benarde stand van Suid-Afrika se water-infrastruktuur. Die amptelike rede was “insubordinasie", maar eintlik, sê Turton, was dit 'n rookskerm om hom stil te maak oor navorsing wat hy na die uraanbedryf gedoen het. “Ja, dit het my loopbaan beëindig," sê Turton, “maar uiteindelik moes hulle my uitbetaal, en dit het weer ander deure oopgemaak."
Maar hy was reg. “Ons is in 'n baie diep krisis. Ons was soos die padda in die pot water wat nie agterkom wat gebeur nie totdat dit gebeur het."
Ons gesels op Zoom. Hy sit in kort moue op sy stoep in Port Shepstone. Die see wink in die verte. Langs hom is 'n groen plastiek-spuitbottel waarmee hy die honde spuit as hulle elke nou en dan te opgewonde raak en aan die blaf gaan...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.