En die Engelse ou sê vir my oupa: Dis maar hoe ons julle...

PROBLE-MATIES

En die Engelse ou sê vir my oupa: Dis maar hoe ons julle Boertjies hanteer ...

ALBERTUS VAN WYK is moeg van outrage, maar sê ook waarom die ding op Stellenbosch hom so vang.

EK vind myself die laaste paar dae weer aan ’t baklei met mense op die internet. Ek het ’n klompie jaar gelede besluit om dit nie weer te doen nie, want dit is sinneloos en boonop gevaarlik. Maar hier is ek al weer aan die redekawel en stry, in Die Burger se leserskommentare, in Vrye Weekblad se kommentare, selfs op plekke soos LitNet.

Toe my kind, Isabella, Sondag sê daar’s ’n wit koshuis-ou wat op ’n swart student se laptop geürineer het en na bewering vir hom rassistiese goed gesê het, het ek vir haar gesê ek is moeg vir outrage en ek gaan probeer om net verby te hou. Almal is moeg vir outrage; dit maak nie saak van watter kant af dit kom nie. Dit het meestal betekenis verloor om jou shit te lose.

Hier vind ek myself egter ’n paar dae later besig om mense se vrae te beantwoord, vrae soos: “Ja, maar wat as dit andersom was en dis ’n swart student wat op ’n wit student se goed gepie het?”;  of “Ja, maar wat van plaasmoorde?”; “Was die kind nie maar net dronk nie?"; “Het ons almal nie goed in ons lewe gedoen waaroor ons skaam is nie?”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.