Pak weg die viool, keiser Cyril, jou land brand

SWAKSINNIGE GEBRABBEL

Pak weg die viool, keiser Cyril, jou land brand

Nathi Mthethwa se ‘monumentale vlag' gaan nooit opgerig word nie, maar die debakel is 'n metafoor vir die verstommende onsensitiwiteit en onbekwaamheid van die ANC, skryf MAX DU PREEZ. Soos keiser Nero wat in 64 A.D. gesing en dans het terwyl Rome afgebrand het.

DIT was dalk die minister van kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, se waardevolste bydrae in al sy jare as minister: sy verspotte voorstel dat 'n groot vlag teen 'n koste van R22 miljoen in Pretoria opgerig word, het die gehalte en mentaliteit van die ANC-leierskap dramaties ten toon gestel.

Mthethwa is nie 'n junior leier in die ANC nie. Hy is al 20 jaar lank in die parlement en 13 jaar lank 'n lid van die kabinet, onder meer as minister van polisie tydens die Marikana-slagting in Augustus 2012.

Sy aankondiging dat 'n reuse-vlag by Vryheidspark in Pretoria opgerig gaan word, is deur 'n ongekende nasionale vlaag van openbare weersin uit alle oorde begroet, insluitende die vakbonde...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.