×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Versoening: Mandela se oproep aan De Klerk

DIE MANDELA-MEMORANDUM

Versoening: Mandela se oproep aan De Klerk

In Vrye Weekblad van 26 Januarie 1990 het MAX DU PREEZ se voorbladartikel Nelson Mandela se wens vir Suid-Afrika met een woord opgesom: versoening. Nou, 32 jaar later, kyk ons terug op wat Mandela in sy volledige memorandum aan die destydse staatspresident, FW de Klerk, voorgestel het. Mandela is kort daarna vrygelaat.

DIT het nou dringend noodsaaklik geword dat die African National Congress en die Nasionale Party-regering bymekaar kom om die swart aandrang op meerderheidsregering in 'n eenheidstaat en die blankes se vrese hieroor te versoen, sê die ANC-Ieier Nelson Mandela.

In 'n memorandum wat hy op 13 Desember verlede jaar tydens sy ontmoeting in Tuynhuys aan staatspresident FW de Klerk oorhandig het, sê Mandela: “So 'n versoening kan net bereik word as albei partye bereid is om 'n kompromis aan te gaan."

Dié memorandum van 10 bladsye is positief deur De Klerk en sy regering ontvang en het klaarblyklik gehelp dat Mandela se vrylating waarskynlik volgende week aangekondig gaan word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.