Senekal: Nou tel inwoners die vullis én skerwe op

PROJEK VIR HELING

Senekal: Nou tel inwoners die vullis én skerwe op

‘Senekal’ het ’n kortskrifwoord geword vir die broosheid van Suid-Afrika se rasseverhoudings. Tussen die sinlose moord op ’n jong wit man by ’n plaashek, ’n polisiebakkie wat brand en strate vol skoorsoekerige mense, het ’n leeftyd se agterdog oorgekook. Maar ’n nuwe helingsprojek kan Senekal dalk sinoniem maak met hoe ons inherent vir mekaar omgee, sê Barend la Grange van South Africa Day. ANNELIESE BURGESS het met hom gesels.

DAAR is dalk geen ander gemeenskap in die land wat nou meer salf vir die wonde nodig het as die mense van Senekal nie.

“Die gemeenskap het geskrik oor wat gebeur het. Niemand het verwag dit gaan so 'n rigting inslaan nie. Baie frustrasies het tot by die oppervlak gekom en dit moet bestuur word sodat dit nie verder spoel nie. Dit is altyd vir my bemoedigend om te sien hoeveel ons kan regkry as ons net bereid is om met mekaar te praat," se Barend la Grange, bedryfshoof van South Africa Day, ’n organisasie sonder winsbejag wat nasiebou wil bevorder en ’n beter toekoms wil skep.

“Ons het ’n eenvoudige strategie. Ons begin by die klein dingetjies. Vier aksies. Eers maak ons 'n dorp skoon, herstel gebreekte goed, verf en plant. Dit is soos die ‘broken window’-teorie – jy gee aandag aan hoe die skole, strate, winkels en parke lyk. En dit verander mense se gevoel en ingesteldheid. Daarna kan jy die groot uitdagings aandurf, soos watervoorsiening, dienste wat nie op standaard is nie, misdaad en geweldpleging."..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.