Salim Essa: die bose genie aan die hart van staatskaping

LANDSVERKRAGTER

Salim Essa: die bose genie aan die hart van staatskaping

Salim Aziz Essa is die spinnekop in die middel van die staatskapingsweb. Van hier het hy en sy medepligtiges die toue getrek sodat die staat se volste kluise oopgebreek kon word, skryf JACQUES PAUW. Hoe hy dié greep op Suid-Afrika se staatsinstellings gekry het, het die afgelope maand al hoe duideliker geword.

SOU die Gupta-broers Atul, Rajesh en Ajay ooit by die beskuldigdebank inskuif, sal hulle plek vir Nommer Vier moet maak: Salim Aziz Essa. Sy skaduwee hang oor die een ná die ander van die gekaapte ondernemings in staatsbesit: Eskom, Transnet, Denel, die lys gaan aan. Hierna het Essa, skaars 40 jaar oud, die buit in ’n menigte bankrekenings verbloem, niks anders nie as finansiële rioolpype wat die geld uiteindelik uitgespoeg het in Dubai, die wastrog van internasionale finansies.

Essa, wat onlangs deur ’n potensiële sakevennoot beskryf is as “’n tiener met jeans en All-Stars”, was die Gupta-kader wat rakmaatskappye as platforms vir belastingontduiking en geldwassery moes skep, en bankrekenings geopen het om onwettige inkomste te verberg.

Min is na buite oor Essa bekend. Hy staan nie onderhoude toe nie en wys nie sy gesig in die openbaar nie. Dis wel bekend dat hy direksieskappe hou of gehou het in 43 Suid-Afrikaanse maatskappye (van hulle voertuie vir staatskaping). Hy besit vermoedelik nog ’n horde maatskappye oor die wêreld heen...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.