Só vou die groot opposisie-hoop

DA NIE ’N HUIS VAN STENE

Só vou die groot opposisie-hoop

Die DA moet hul beleide herbedink, maar dalk moet die persoonlikhede wat verantwoordelik is vir die benepe ideologiese vrese ook hul heil elders soek, skryf PIET CROUCAMP.

OPPOSISIEPARTYE is belangrik, maar dit is aansienlik belangriker dat daar minstens een party oorkant die meerderheidsparty in wetgewers sit wat werklik daarna streef om die regering oor te neem.

Demokrasie floreer slegs wanneer die meerderheidsparty hoogs vervangbaar is en die burgery alternatiewe het om die politieke spelreëls mee uit te daag indien die staat nie na wense funksioneer nie. Dit is ook hoekom die DA se onlangse leierskapskongres so 'n teleurstellende uiteinde gehad het. Die DA van John Steenhuisen is 'n permanente 20%- of selfs minder party, en daar is geen aanduiding dat dit gaan verander nie.

Ek was verstom toe 'n gewaardeerde politieke ontleder en joernalis onlangs op radio beweer het Suid-Afrikaners stem meer vir identiteite en persoonlikhede as vir beleide. Swart bemagtiging, regstellende aksie en maatskaplike toelaes is alles beleide wat die ANC se 22%-steun van geregistreerde kiesers waarborg en die DA se steunbasis in die Wes-Kaap het alles te doen met goeie bestuur. Hoekom dink die DA en hierdie politieke kommentator Suid-Afrikaanse kiesers is oorwegend voorspelbare idiote?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.