Kerkorrel het musiek met ‘ovaries en balls’ gesoek

UIT DIE ARGIEF

Kerkorrel het musiek met ‘ovaries en balls’ gesoek

Johannes Kerkorrel was honger vir goeie Afrikaanse musiek, en dié hongerte het hom die donker ingedryf. PIETER SWANEPOEL het vir Vrye Weekblad van 3 Mei 1991 met hom ’n onderhoud gevoer oor die ‘lamsakkigheid’ van die plaaslike musiekmark destyds.

  • 17 November 2021
  • Mense & Kultuur
  • 6 min om te lees
  • artikel 10 van 11
  • Pieter Swanepoel

IEMAND het miskien iemand anders se ex-girlfriend afgevry of beetgekry of vasgelê of wie sal weet ... 'n Mens kan jou menige skinderstorie indink om te verklaar hoe die Gereformeerde Blues Band ná hul kortstondige roem uiteen is. Maar dis ook al ou nuus dat voorman Johannes Kerkorrel nou solo loop.

By die After Dark-restaurant in Pretoria staan hy soos 'n outsider in die pienk spotlight geïsoleer. Sy oë vroetel in die donker in op soek na dié wat deur hom vermaak wil word. Sy hare is stomp. Hy is 'n bleek albino. Sy lippe is droog. Sy lyf sleep hy oor die verhoog saam, nes die straatdigter van wie hy sing 'n ou rugsak saamsleep. Dit is sy siel wat Kerkorrel kom blootlê. Dit is die liefde waarvan hy eerste vir sy gehoor kom vertel: “Want ek is honger," sing hy. En: “Hier is jy nie veilig nie – sonder liefde," wat die gewese Sweatband se hoofkitaarmaestro (John Mair) se cue is om met sy eerste histeriese kitaarsolo van die aand weg te breek.

Dis kabaret en klaar..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.