Adam Small oor apartheid: ‘Jy kan nie inhaal op die lewens...

UIT DIE ARGIEF

Adam Small oor apartheid: ‘Jy kan nie inhaal op die lewens wat jy verwoes het nie’

‘Stilte is ook praat, ’n soort kommentaar. Dit is baie moeilik om te skryf as jy sulke groot probleme met jou taal het,’ het Adam Small in 1991 verduidelik hoekom daar toe betreklik lanklaas iets uit sy pen verskyn het. CHRISTELLE TERREBLANCHE het met hom oor ‘Kaaps’, sy taal en sy pyn gaan gesels vir Vrye Weekblad van Junie daardie jaar.

  • 10 November 2021
  • Mense & Kultuur
  • 14 min om te lees
  • artikel 8 van 9
  • Christelle Terreblanche

DIE begrip “Kaaps”, die taal wat hoofsaaklik in Wes-Kaapland gepraat word, is deur Adam Small gemunt. Hy verwelkom dit dat die Afrikaanse Taalfonds dit nou oorweeg om Kaaps as skooltaal te “aanvaar”. Reeds in die voorwoord van sy digbundel Kitaar my kruis het hy gesê Kaaps is vir hom ’n volwaardige taal omdat mense daarin gebore word en al die transaksies van hul lewe daarin bedryf – “selfs sterf in daai taal”. Maar in ’n onderhoud oor ’n wye spektrum van omstrede onderwerpe maak Small, tans verbonde aan die departement van maatskaplike werk aan die Universiteit van Wes-Kaapland, dit telkens duidelik dat sy belewenis van apartheid deur sy taal met baie pyn verinnerlik is.

“Kaaps is nie Capey nie,” sê hy. “Ek het altyd ’n bietjie wrokkig gevoel oor die gedagte dat dit soos die Engelse se Capey is. Of Gammatstaal, soos die Afrikaanse mense dit noem. Dis g’n Gammatstaal nie; dis g’n Capey nie. Daar is ook mense, nou nog, wat die gebruik van Kaaps as die een of ander soort vernedering beskou vir die mense wat dit gebruik.”

Dr. Gerald Erasmus van die Taalfonds sê die “aanvaarding" van Kaaps word oorweeg, juis vanweë die probleme wat kinders het om skoolwerk in die aanvaarde Afrikaans baas te raak. “Ons het nie besef hoe akuut die probleem is nie,” sê hy...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.