Reis om die pandemie te wreek? Nee, dis nog te vroeg

OM TE VLIEG

Reis om die pandemie te wreek? Nee, dis nog te vroeg

Al het ook hý nie gestruggle nét om in die Transvaal rond te hang nie, kyk hy die kat goed uit die boom voordat hy weer op 'n vliegtuig klim, skryf JUSTICE MALALA.

EK moet eerlik wees. Ek hou van ’n vakansie. Ek is versot op die dreuning van ’n massiewe Boeing wat sy neus na die hemel lig en na verre lande koers kies. Heng, ek is selfs gek daaroor om deur ’n venster op die lughawe te kyk na ’n enorme vliegtuig wat wag om op te styg. Dis vir my opwindend om net na hulle te kyk. Dit laat my droom en planne maak en my volgende vakansie beplan.

In die “ou dae” het ek ’n ritueel gehad. Ek het nie juis veel tyd vir manstydskrifte nie, maar wanneer ek op vakansie gegaan het, sou ek sonder uitsondering ’n hele stapel kry, by ’n lughawe-sitkamer ’n draai maak, ’n stywe gin en tonic drink en dan my sitplek op die vliegtuig gaan soek. As ek my sit gekry het, sou ek my eerste tydskrif oopmaak, ’n bietjie afgunstig voel oor die duur pakke klere in die voorste deel en dan fantaseer oor die horlosies.

Die kaptein sou ’n paar woorde in ’n welluidende stem sê en ons sou terugstoot en opstyg. Dan sou ek nog ’n gin en tonic drink. Ek weet dit gaan my nie baie vriende besorg nie, maar wanneer dit by vakansies kom, het ek dieselfde siening as Smuts Ngonyama: Ek het nie gestruggle net om in die Transvaal rond te hang nie. Gee vir die mense vakansies, is wat ek sê. Vat my Haga Haga toe, of die Maledive, Mpande of Rio, Lusikisiki of Parys. Ek gee nie om nie. Gee my net die strand, ’n bietjie skaduwee, ’n boek en die kans vir ’n stappie of twee en ek is daar...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.