‘White Chalk’: Dankie vir die herinneringe

TERAPIE VIR INSPIRASIE

‘White Chalk’: Dankie vir die herinneringe

TERRY-ANN ADAMS het op 12 begin skryf oor hulle stryd om as 'n persoon met albinisme in hoofstroomskole aanvaar te word. Hier vertel ADAMS hoe hulle tweede boek, White Chalk, 'n versameling kortverhale is oor humor, trauma, en veral herinnering. En hoe terapie vir bipolêre gemoedsteuring hulle emmers vol inspirasie gegee het.

  • 29 Junie 2022
  • Mense & Kultuur
  • 12 min om te lees
  • artikel 3 van 9
  • Terry-Ann Adams

DIS vyfuur in die middag en ek is reg om my laptop toe te maak vir die dag. Dit was een van daai dae, vergaderings van agtuur in die oggend, my seun wat skree op die agtergrond en kos wat nog in die vrieskas lê. Ek wou niks hoor nie, ek was oorwerk en oor alles. Dis die oomblik wat ’n engel my kom red het in die vorm van ’n e-pos van my uitgewer en vriendin Nadia Goetham:

“Hey Terry, I LOVE the stories you sent. Can you write some more? I am thinking a collection. Let’s submit it by the end of April. Love Nadia.”

Ja man! Dis hoe dit gedoen word. As ek nou terugdink, lag ek so ’n bietjie, want ek het geen idee gehad wat “Let’s submit it by the end of April” sou beteken vir my, my man, ma, suster en seun nie. Ek het 12 weke gehad om 16 stories te skryf; 16 bleddie goeie stories. Dit moes gedoen word met ’n voltydse werk en ’n tweejarige kleuter. Ná ’n glas witwyn en ’n gesprek met almal in die huis was ek gereed om die olifant aan te vat – stukkie vir stukkie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.