Op die veld waai die velle, hier’s ons almal goeie pelle

WENSPAN

Op die veld waai die velle, hier’s ons almal goeie pelle

Laeveld toe met pelle om die Springbokke in Mbombela te ondersteun. MICHÈLE MEYER is hees, maar begeester.

DIE afgelope Saterdag peul ses maats uit by ’n boordensvol Discovery. Om ons strek ’n oneindige parkeerterrein en kordonne motors. Agter plate voertuie en kraampies van elke soort dein die manjifieke Mbombela Stadion. Vyf uur later het ons sowat 39,000 nuwe pelle op einste terrein.

Ko’ laat ons rugby kyk

Dit begin altyd as een van daardie riskante uitinge wat mens kwytraak ná ’n braai, begrafnis of boekbekendstelling. ’n Paar kelke wyn is geklink, almal is gechill, dit was goed. Soos vriende groet, bly staan en weer hartlik groet, sê een hy wil nóú ry, die rugby begin aanstons. “Wat dink julle gaan met die Bokke gebeur?” sug ’n vriendin. “Bedoel jy die Rugby Championships?” Wederhelf is die ene ore. “Jaaa. Kan julle dink … dit sou darem iets wees om te beleef!” Net daar kantel die uurwerk. “Wil julle gaan kyk, ek kan probeer...?” “Ons is in!” Die koors loop. E-posse en oproepe word uitgeruil, spaarvarkies ontgeld dit. En hier staan ons, vier maande later en 314 kilometer verder...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.