In ’n wrede poets van die kosmos is sy besig om ’n aaklige, ongelooflike boek te lees: Maps of Our Spectacular Bodies deur Maddie Mortimer. DEBORAH STEINMAIR skryf oor die chroniese stryd teen kanker.
ONS noem die Life Groenkloof-hospitaal in Pretoria nog LCM. Maria se standbeeld teen die muur toon die jong, niksvermoedende maagd voor die Goddelike Aankondiging, verbeel ek my. Moeder Mary Potter was die stigter van die Sisters of the Little Company of Mary. Die onkologieafdeling is na haar vernoem, soos iets tussen Beatrix se oulike hasies en Harry se dementors.
Daar sit mense met musse en pruike en wag; bleek, vasberade, bang en braaf. Hulle wag op chemoterapie of op uitslae. Hulle trek op mekaar, asof hulle inwoners van dieselfde vasteland is: volmaangesigte, ingesonke oë, wimper- en wenkbrouloos. Dis altyd die kinders wat jou hart opkerf. En bejaardes wat nog nie gereed is om die stryd gewonne te gee nie.
Die personeel in onkologie is vrolik en sonnig, vol meelewing. Pasiënte word by die naam geken; verwelkom; geweeg; die bloeddruk geneem; koffie, tee of water aangebied. Daar is ’n manlike klerk met ’n droë humorsin en ’n deadpan-gesig. Vir mevrou Nel sal hy sê: “Dokter is reg vir jou, jy kan kom. Snel, Nel!”..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
OM TE LEWE IS FATAAL
Padkaarte van ons skouspelagtige lywe
In ’n wrede poets van die kosmos is sy besig om ’n aaklige, ongelooflike boek te lees: Maps of Our Spectacular Bodies deur Maddie Mortimer. DEBORAH STEINMAIR skryf oor die chroniese stryd teen kanker.
Deel
ONS noem die Life Groenkloof-hospitaal in Pretoria nog LCM. Maria se standbeeld teen die muur toon die jong, niksvermoedende maagd voor die Goddelike Aankondiging, verbeel ek my. Moeder Mary Potter was die stigter van die Sisters of the Little Company of Mary. Die onkologieafdeling is na haar vernoem, soos iets tussen Beatrix se oulike hasies en Harry se dementors.
Daar sit mense met musse en pruike en wag; bleek, vasberade, bang en braaf. Hulle wag op chemoterapie of op uitslae. Hulle trek op mekaar, asof hulle inwoners van dieselfde vasteland is: volmaangesigte, ingesonke oë, wimper- en wenkbrouloos. Dis altyd die kinders wat jou hart opkerf. En bejaardes wat nog nie gereed is om die stryd gewonne te gee nie.
Die personeel in onkologie is vrolik en sonnig, vol meelewing. Pasiënte word by die naam geken; verwelkom; geweeg; die bloeddruk geneem; koffie, tee of water aangebied. Daar is ’n manlike klerk met ’n droë humorsin en ’n deadpan-gesig. Vir mevrou Nel sal hy sê: “Dokter is reg vir jou, jy kan kom. Snel, Nel!”..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Liewe leser, sluk jy soms swaar aan ’n titel?
Liewe Lettie, ek het lanklaas geskryf
Die antwoord, my vrind, dit wapper in die wind
My heldeverering vir Moedertjie Rusland
Toeval is soms vreemder as fiksie
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.