HOE kan daar nie ’n Nettie Pikeur wees nie? So voel mens ná die treurige nuus dat Madeleine oorlede is.
Ek het albei Madeleine van Biljons geken. Die ouere was groter as lewensgroot – ’n vermaaklike, slim figuur op radio en televisie, ’n stem in die koerante. Haar dogter, “Klein Madeleine” was dalk minder uitgaande, ’n stiller en meer na binne kykende persoon, maar sy was nie minder geskool in lewenskuns nie, nie minder rojaal en gasvry nie, en vir seker geen duim minder sjef nie.
Soos haar ma kon Madeleine die jongere soos ’n engel kook. Ek het haar geleer ken toe ek en Hettie Scholtz haar kookboek, Aan tafel met Nettie Pikeur, by Queillerie uitgegee het. Sy het in die oorspronklike Vrye Weekblad haar kosrubriek onder die mooi skuilnaam Nettie Pikeur geskryf. Dié naamkeuse was erkentlikheid. Dit was hulde aan die vrou wat haar oupa se kosmaakster was...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.