Kom saam op ’n blitstoer na Chinatown in Cyrildene

#HAPPYPLACE

Kom saam op ’n blitstoer na Chinatown in Cyrildene

ANNELIESE BURGESS vaar Johannesburg se ‘nuwe’ Chinatown op 'n ysige Sondag binne saam met LIENTJIE WESSELS. Stap saam, en maak dan miso-karamel en Oosterse kluitjies met Lientjie se heerlike brandrissie-olie wat sy spesiaal vir ons ontwikkel het.

  • 05 Augustus 2022
  • Vrye Tyd
  • 5 min om te lees
  • artikel 13 van 26
  • Anneliese Burgess & Lientjie Wessels

DIE tamaai kleurryke ingang verwelkom ons by 'n wonderwêreld van Chinese supermarkte, restaurante, tee- en viswinkels, groentestalletjies, masseer-, haar- en akupunktuursalonne en selfs 'n karaoke-klub. Johannesburg se “nuwe" Chinatown is effens vuilerig en grinterig, maar ook wonderlik. 

Dié deel van Johannesburg met sy 1950’s-argitektuur net anderkant die bult van Orange Grove was voorheen grootliks Joods, maar vandag is Derricklaan soos 'n poort na China en ander dele van Asië. Die taal, die geboue se fasades, die reklameborde, die kos – alles is so verfrissend vreemd.

“Ek kom al so lank hier," vertel die sjef en skilder Lientjie Wessels, “maar elke keer maak dit my weer happy. Die energie transformeer jou. Ek onthou die laaste Chinese Nuwejaar. Ons het by die Fisherman's Plate gesit en kyk na die gloeiende lanterns en wriemelende, dansende drake in die straat. Daar was crispy pepper beef en three-cup chicken op die tafel. Daardie herinnering, ’n fees vir die oog en die mond, het later 'n resep geword in my boek, Geure. Daar is net iets omtrent hierdie plek wat my gelukkig maak!"..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.