Kook van kiep uit New York tot Libanese tahini-vis

FYNPROE

Kook van kiep uit New York tot Libanese tahini-vis

Suid-Afrika se koskultuur is ’n hutspot vol invloede van oraloor – van China tot Frankryk en selfs Italië. Daar is dus geen tekort aan idees wanneer jy ’n paar vrinne met ’n spoggerige ete wil bederf nie, skryf NETTIE PIKEUR.

DIT val my dikwels op hoe gelukkig ons is om soveel verskillende invloede in ons kookkuns te hê. Beplan jy ’n vinnige dinner party, kan jy heerlik kies tussen boerekos (jitte, is dié woord nog aanvaarbaar), bredies, Indiese kerrie, pasta, Franse haute soufflés, koeskoes, Chinese take-aways en gewone ou gebakte hoender met rys en groente.

Bestanddele vir al dié smaaklike goed lê byderhand, altans in groterige stede. Ek weet die Vrystaters sukkel soms om vars vis of masalas te kry, want daar is nie ’n tradisie van Indiese kos daar nie, maar in die Kaap kan jy omtrent alles kry om Chinese, Maleise, Italiaanse, Franse en not to mention Ingilse kos te maak. En kombineer jy twee of meer van hulle vir ’n lang ete met verskeie gange, vind jy dat jy outomaties ’n verskeidenheid van geure en kleure op jou bord voortbring.

Ek het vandeesweek weer rondgeblaai op soek na ’n interessante spyskaart wat meestal vooruit gemaak kan word sodat jy op ’n weeksaand kan onthaal. Sit twee aande opsy: Die eerste een vir shop, tafel dek, glase tel en basiese kookwerk, en die volgende aand kan jy rustig die laaste afronding doen en saam met jou gaste wyn drink...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.