’n Swymellekker sous deur ’n anti-sjokolis

FYNPROE

’n Swymellekker sous deur ’n anti-sjokolis

Sy eet nou wel net een KitKat per jaar, maar sy ken ’n lekker en maklike sjokoladeresep as sy een sien, skryf NETTIE PIKEUR.

MET verbasing staar vriendin Karin na die volkleur-koffietafelboek op my lessenaar. Sy gryp dit asof dit Madonna se seksboek is.

Waar kry jy die wonderlike ding? skree sy, en skielik drom ses mense saam en begin hyg oor die prentjies in die hoek. Madonna should be so lucky! Moenie aan die foto's lek nie, maan ek. Die boek behoort nie aan my nie, dit moet terug na my suster. En loop kry julle orgasmes iewers anders.

Dié kinky verhaal laat my terugdink aan die portefeulje van tekeninge van Paul Wunderlich wat vrind Jaco, destyds ’n kunshandelaar, eens op spec uit Duitsland bestel het. Hy kry ’n brief van die tuisgemaakte sensors hier onder by customs, in die hawe, om te sê die werk is pornografie. Jaco beleef die surrealistiese ervaring van sewe besoeke aan customs om te vra sal hulle nie asseblief die kunswerk terugstuur na Duitsland nie, dit is R7,000 werd. Uiteindelik kry Jaco die portefeulje onder oë – die tekeninge was oortrek met komkolle...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.