Stop die vullislorrie – want ons het nie meer plek vir al ons ...

AFVAL OORWELDIG ONS

Stop die vullislorrie – want ons het nie meer plek vir al ons gemors nie

Die land se stortingsterreine is besig om vol te raak, en nuwes kos tyd en geld. Hoe kan ons dié krisis afweer, vra PATRICK WADULA.

DIE vullis wat jy vanoggend vir verwydering uitgesit het, is nog net die begin van die proses – en stuur af op ’n krisis, want die bestaande stortingsterreine is feitlik vol en daar is nie altyd plek en geld vir nuwes nie. As ander oplossings nie gou gevind word nie, kan ons deur ons afval oorweldig word.

Leon Grobbelaar, ’n voormalige president van die Institute of Waste Management of Southern Africa, sê Suid-Afrika se stortingsterreine is in ’n “verskriklike toestand; die ergste wat hulle in dekades was”.

Dawie Krugel, kommersiële direkteur van EnviroServ Waste Management, wat stortingsterreine in die meeste groot stede bedryf, sê sommige metro’s en die groter munisipaliteite, die meeste van hulle in Gauteng, het probleme met afvalbestuur wat ’n krisis gaan word as dit nie vinnig getakel word nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.