Dimitra se movie

IN HAAR EIE VEL

Dimitra se movie

FREDERIK DE JAGER vertel van ’n transgender vrou in ’n afgeleë Griekse dorpie in ’n tyd toe die hele wêreld se aandag daarop gerig was.

DAAR is ’n fraai vissersdorpie aan die noordkus van die Griekse eiland Lesbos. Sy naam is Skala Sikamineas. Dit is ver in die wêreld. Uit by die beknopte hawetjie met sy bote waarop die name van heiliges geverf is, verby die wit popspeelkerkie op ’n rots, en jy is in die seestraat van Mytilene. Nie 10km oorkant die see nie rys die heuwels van Anatolië. Dit spel die einde van Europa. Hierdie kant dans hulle met voete, aan die oorkant met heupe.

Van heupe gepraat. Die eerste keer dat ek hom opgelet het, was 25 jaar gelede op ’n strand daar naby. Hy het van ver af aangeloop gekom, en dit was eers toe hy naby is dat ek sien maar dis ’n man. So vlesig en harig soos enige Griek van langsaan, maar hy het die knapste broekie aangehad, geel, en so ’n sagte hempie, voor by die naeltjie vasgeknoop. Sy sout-en-peper-hare was soos ’n hansworsdos om sy kop uitgepluim. 

En hy het gesashay. Hy was op die loopplank, sy blik bo die gehoor se koppe gerig, en hy het die loop geloop met heupe en skouers om sy uitrusting op die beste manier te vertoon. Daarvoor het hy die toerusting gehad. Dit was ’n vormige paar heupe wat so geswaai-swaai het, ’n gespierde stel bene wat so seker oor die strandklippertjies geloop het. Die rug en arms waar die bloes nie toemaak nie, was op die geselligste manier harig. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.