‘Afrikaans word beslís geteiken’

NUWE SKOLEWET

‘Afrikaans word beslís geteiken’

Chris Klopper is die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), wat meer as 42,000 lede in 4,400 skole verteenwoordig. ANNELIESE BURGESS het met hom gesels oor die letsels van Covid, hoe goed Afrikaanse skole vaar, en sy diep bekommernis oor die voorgestelde wysings aan die Skolewet, wat die magte van ouers en beheerliggame aan bande gaan lê.

EK vang vir Chris net voor hy in Gqebera op die vliegtuig klim waar die SAOU se 28ste hoofde-simposium vandeesweek plaasgevind het. Daar is veral twee kwessies wat op die oomblik in die onderwyssektor knel en wat bespreek is deur die 782 skoolhoofde wat die simposium bygewoon het. 

Die eerste een gaan spesifiek oor toenemende regeringsdruk op Afrikaanse skole. Hoewel die SAOU allermins net wit en net Afrikaanse onderwysers verteenwoordig (20% van die lede is Engelssprekend en om en by ’n kwart is “lede van kleur”), is hulle wel die grootste verteenwoordiger van Afrikaanssprekende opvoeders, en dus is die voorgenome wysiging van die Skolewet (die sogenaamde Bela-wetsontwerp, oftewel Basic Education Laws Amendment Bill) om die toelatingsbeleid en taalbeleid van skole in die hande van die staat te sentraliseer, iets wat erg pla.

“Dit sal skole neem na ’n staatskool-bedeling waar die staat aan skole en gemeenskappe presies kan voorskryf wie by ’n skool mag wees en wie nie,” verduidelik Klopper. “En dan natuurlik wat die taal van onderrig moet wees, en dit sal die magte van ouers en beheerliggame heeltemal aan bande lê.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.