Boeke | Brooklynbrug, ’n droom en ’n gedig

POËSIE

Boeke | Brooklynbrug, ’n droom en ’n gedig

MERCIA S. BURGER stap vroegoggend oor die Brooklynbrug en het nie veel van ’n saak met die uitsig oor Manhattan se skyline of die Statue of Liberty nie. Want vandag lees sy gedigte.

IN Mei 1883, met feestelikheid en kanonskote, open die Brooklynbrug oor die East River tussen Manhattan en Brooklyn.

Die beplanning en bou was ’n groot gestoei tussen orde en verbeelding. Op die rivierbodem moes werkers in lugdrukhokke sweet om die fondamente van die ankertorings uit kleigrond, graniet en miljoene jare se basaltlae te kap. Saam met natuurkragte en staalkabels het die plan bymekaargekom, alles saamgevat en ’n brug gemaak.

Dadelik was daar stories, musiek en gedigte. Watter beter manier om ’n brug te bou? Want ’n brug is tog nooit net ’n brug nie. Daarvoor is daar heeltemal te veel simboliek – ’n brug as samekoms of skeiding, ’n verbintenis of ’n grens, ’n terugkyk na die verlede, hoop op ’n toekoms, ’n reënboog, die begin of die einde, lewe en dood, ’n spirituele oomblik tussen wêrelde; die verbrande brug en die afgesaagde een oor “troubled waters”...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.