Wát was die use van die struggle, huh?

EENDAG WANNEER ‘HY’ HUIS TOE KOM

Wát was die use van die struggle, huh?

ANASTASIA DE VRIES skryf oor die durf om te droom teen die onmoontlike in. Oor groot droom, beter droom ondanks onmenslike, selfs ontmenslikende realiteite.

WANNEER elke keer van nog ’n dag sonder krag, weer, weer ’n kraan wat net stotter, roggel, water weggeskrik, nog ’n kind, nog ’n vrou ontvoer vermoor, nog ’n aanval iewers in die nag en al hoe meer oordag, nog ’n voorblad vol gesiggies van kinders weggeraap, nog ’n skelm in suits met taai poot in ’n geldpot, nog ’n keer “my fellow South Africans”, net nog ’n dag vol niks, dan sê haar ma: “Wat’s die use. Wát was die use van die struggle, huh?”

Sy voer haar skryfstuk op, dié eerstejaarstudent, kind van die 21ste eeu, van die videosfeer, hul taak oor selfrepresentasie in die soorte Afrikaans wat in hul mond en hart lê en 14 Oktober moes in. Haar woorde dra jou hul kombuis in, daar in Atlantis waar haar ouma soos elke keer van nog ’n dag haar ma antwoord met “dit sal môre tog maar seker beter raak”. Sy ken dit al soos ’n rympie, haar ma wat vra wat’s die use en haar ouma wat sê: “Niks is ooit verniet nie. Jy’t geleer gekom. Nou leer die kind. Sy moet ver leer. Eendag wanneer hy huis toe kom, moet hy sien die struggle was nie verniet nie.” Sy maak gewoonlik of sy nie hoor nie hoe haar ma sê sy is al toeka klaar geleer en “hy” kom nou nog huis toe van die struggle af. Alles verniet.

“Hy” het nooit ’n naam gekry nie, die broer van haar ouma wat op 25-jarige leeftyd die struggle loop join het. Eendag wanneer “hy” huis toe kom, hoor sy altyd. Oor jare het die struggle ’n vreemde land geword van waar die winde waai wat haar steeds aandryf. Sy moet ver leer sodat hy kan sien die struggle was nie verniet nie, eendag wanneer hy huis toe kom. Haar stem breek toe sy sê: “Die verlede is verby, sê die mense. Vergeet! Maar die geskiedenis is in my, dit lewe in ons huis by (vul adres in) in Atlantis en dit dra die naam van my ouma se broer sonder naam. Ek is tot in alle ewigheid gemerk deur die verlede, soos my ma voor my, soos my ouma wat wag dat hy huis toe moet kom.” Oor die skerm kronkel ’n aanhaling van Virginia Woolf in die kleure van ons vlag: “I will cut adrift – I will sit on pavements and drink coffee – I will dream; I will take my mind out of its iron cage and let it swim – this fine October.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.