Outofawat? Hoe nuwe tegnologie jou kan help

MENSLIKE SELVERNUWING

Outofawat? Hoe nuwe tegnologie jou kan help

Outofagie kan binnekort ’n gonswoord word wanneer nuwe tegnologie op die rakke beland wat die voordelige uitwerking van oefen- en dieetgewoontes op jou liggaamselle vinnig en akkuraat kan meet. Dié tegnologie hou ook belofte in vir ’n omwenteling in die behandeling van neurodegeneratiewe siektes en kanker, skryf ILSE BIGALKE.

OUTOFAGIE, oftewel die proses waardeur selle hulleself “skoonmaak” en wat deur oefening, sekere diëte en vas aangehelp word, word deesdae wyd beskou as die antwoord vir ’n gesonder – en langer – lewe.

Wye navorsing word wêreldwyd gedoen oor dié sellulêre proses wat ongewenste of beskadigde molekules uit lewende selle verwyder en werk daaroor is in 2016 met ’n Nobelprys bekroon.

Maar die geskiedenis van navorsing oor outofagie strek veel verder terug...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.