×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Gifsentrum sê ivermektien het sy tol geëis

DIEREMIDDEL DOEN SKADE

Gifsentrum sê ivermektien het sy tol geëis

Ivermektien het nie net niks gehelp teen Covid nie, dit het ook ernstige newe-effekte gehad, skryf SIPOKAZI FOKAZI.

DIE gebruik van die anti-parasitiese middel ivermektien om Covid te voorkom of behandel het gelei tot ’n ongekende sprong in die aantal gevalle van vergiftiging in Suid-Afrika. Die Wes-Kaapse gifhulplyn het 12 keer meer gevalle as die gemiddelde aangemeld in die eerste jaar van die pandemie.

’n Studie deur die Universiteit Stellenbosch wys dat die hulplyn in die vyf jaar voordat die pandemie uitgebreek het ’n “onbeduidende" aantal gevalle van ivermektienvergiftiging aangemeld het, en van Junie 2020 af het die gemiddelde aantal maandelikse oproepe daaroor van 0.3 tot 3.5 gespring.

Van omtrent 70 gevalle wat aangemeld is, meestal deur mediese noodpersoneel van oor die hele land, was meer as die helfte (54%) Covid-verwant. In 41% van die gevalle was die rede vir blootstelling aan ivermektien onbekend. In twee gevalle was dit nie Covid-verwant nie en twee gevalle was kinders wat dit per ongeluk ingeneem het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.