MENSE kies wêreldwyd om vermaak te word met die uitbeelding van misdaadgebeure. Ware misdaad (“true crime”) is uiters gewild, en vermaaklikheidsprogramme vanuit hierdie genre lok universeel rekordkykersgetalle na die skerm. Hoe meer daar boonop grieselrigheid en geweld met die uitbeelding van oortreders se wandade gepaardgaan, hoe hoër styg kyksyfers, en hoe breër glimlag die vervaardigers op pad bank toe.
Netflix, wat oor die wêreld heen meer kykers lok en gewilder is as tradisionele televisie, floreer op uitsendings wat ’n oormaat van geweld uitbeeld. Baie, indien nie die meeste nie van die vermaakstof waarop daar gefokus word in van Netflix se gewildste programme, behels die uitbeelding van eksplisiete en grusame geweld, veral teenoor vroue.
“If it bleeds, it leads” is iets wat enige gesoute joernalis en vervaardiger van rolprente en televisiereekse weet. Mense word nog altyd gefassineer deur dit wat skeefloop en kan nie sommer wegkyk van ’n ongelukstoneel nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.