Vergeet om te onthou: As jou geheue die werklikheid verdraai

VALS BEELDE

Vergeet om te onthou: As jou geheue die werklikheid verdraai

Die Mandela-effek is ’n term wat verwys na die algemene verskynsel om dinge te onthou wat nooit gebeur of bestaan het nie, of ’n stertjie by te las. Gooi daarby die effek van sosiale media, skryf die sielkundige LOUIS AWERBUCK, en ons sit met ’n troebel, subjektiewe interpretasie van die werklikheid.

ONTHOU jy die Monopoly-man? Die oom met die pluiskeil en snor wat so deel is van die bekende bordspel se handelsmerk? Hy dra mos 'n monokel as deel van sy mondering, reg?

Verkeerd. Indien jy die Monopoly-man onthou met ’n monokel, ervaar jy waarskynlik die fenomeen wat bekend geword het as die visuele Mandela-effek, naamlik die gedeelde, kollektiewe oortuiging dat ’n vals geheue waar is.

Hierdie effek is genoem na gebeure rondom oudpresident Nelson Mandela se dood. Hy het in 2013 in sy huis gesterf, maar talle mense het geglo hy is êrens in die 1980’s in aanhouding dood. Die visuele Mandela-effek (die term is die eerste keer in 2009 gebruik) as fenomeen het onlangs wetenskaplike status verwerf toe navorsers aan die Universiteit van Chicago bevindinge daaroor gepubliseer (https://socialsciences.uchicago.edu/news/new-research-shows-consistency-what-we-misremember) het. Mense onthou konsekwent en gereeld “verkeerde” visuele indrukke, het hulle bevind...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.