Angsmonster is die ‘bose embrio’ van mediese krisis wat broei

DIE SIEKTE VAN ONS TYD

Angsmonster is die ‘bose embrio’ van mediese krisis wat broei

In die verre toekoms sal daar na die huidige tydperk in die mens se mediese geskiedenis teruggekyk word as die era waarin angsverwante siektes sy wurggreep op die mensdom gevestig het, skryf LOUIS AWERBUCK.

JY voel deurgaans onrustig, asof daar iets groots fout is. Asof iets slegs gaan gebeur, maar jy weet nie wat nie. ’n Permanente hol kol op jou maag, asook ’n kenmerkende gejaagde gevoel, het deel van jou lewenspatroon geword.

Jy sukkel om te ontspan, jou gedagtes maal, en jou konsentrasie kom en gaan. As jy oplet, kom jy agter dat jy hoog en vlak vanuit jou bors asemhaal, nie diep onder uit jou maag soos wat mens eintlik moet nie. Dis nie ongewoon vir jou om stywe spiere en skouers te hê asook kopsere en rugpyne nie. Veral sukkel jy om in die oomblik te wees. Dalk het jy al meditasie probeer, maar dit nie reggekry nie. Miskien wend jy jou tot alkohol of ander vorms van ontsnapping.

Welkom by die klub...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.