Breëborsbrekers is eintlik maar net mislike mense

HOEKOM MAAK MANS OORLOG?

Breëborsbrekers is eintlik maar net mislike mense

Dominante mans het nog altyd groter seksuele sukses behaal as mans wat meer inskiklik is, skryf LOUIS AWERBUCK. Geweld, wat oorlog insluit, se donker wortels groei dus vanuit die magstryd oor status tussen mans.

“POUSE kry ek jou. Agter die hokkies!” het Ystervark Verwey in my gesig gesis. Ek was niksvermoedend besig om ’n som te ontsyfer in ou Ollie se klas. Om agter die fietshokkies gekry te word het net één ding beteken: Daar gaan fisiek baklei word, wat ’n definitiewe wenner en veral ’n definitiewe verloorder gaan oplewer.

Iemand gaan met geweld mag op iemand afdwing, en in hierdie geval was dit redelik voor die hand liggend dat Ystervark maklik sou seëvier. Hy was gewoon groter, sterker, en dommer. Ook aansienlik aggressiewer. Nadat die hele klas sy onheilspellende uitdaging aangehoor het, was daar nie uitkomkans nie. Om as lafaard bekend te staan sou baie erger wees as om deur Ystervark gedonner te word.

Dit was 1981 en ons was in standerd 5 en 13 jaar oud. Dit was die Vrystaat en op die landsgrense was oorlog. Ystervark se strategie om my te lyf te gaan was nie buite die norm nie. Hulle wil ons inval, het die grootmense gesê. Maar ons val hulle dan in, het die minder gewilde grootmense gefluister. Al was die rede vir Ystervark se argwaan onbekend en nie rasioneel of regverdigbaar nie, was dit nie ongewoon of taboe dat geskille onder seuns met geweld besleg word nie. Al het ek vir seker nie met hom skoor gesoek nie, kon hy my dalk net nie verdra nie. Miskien het my gesig of houding hom nie aangestaan nie, of moontlik wou hy iets of iemand hê wat myne was. Hoe dit ook al sy, die oplossing vir Ystervark se argwaan, jaloesie of minagting was om my met smaak op te keil...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.