Diefstal in Struifkoekvallei

ALLE VARKIES OP 'N HOK

Diefstal in Struifkoekvallei

Helder oordag word DOMINIQUE BOTHA se geërfde juwele onder haar matras uitgesteel. In hul soektog na die dief lei haar voorman haar op onbekende weë.

EK vra verniet dat mense my op my naam noem, want hier op Fransplaas in Struifkoekvallei is ek “Mevrou” en ons gesin “Die Regering”. Geen regwysing gaan ons plaasvoorman – lekepreker en hoofjakkals-onder-die-hoenderbewaarders – Awie Arends van iets anders oortuig nie. Ek is sy mêrrim en hy is my baas, en saam is ons mekaar se Klaas. 

’n Huislose gedig

Awie het langs my kom staan en verslae na die chaos in my kamer gestaar. Die diewe moes onderdeur die heining gekom het en toe by die voordeur in wat altyd oopstaan. Bygesê op my aandrang, ingeval die bokmakieries wil inloer of ’n huislose gedig ... en nou dit: Die stoffasie is uit die matras geskeur. Die bedkassies lê omgedolwe. Daar is ontlasting op die tapyt. Sommer so in die middel van die dag...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.