Transgender mense verdien ons liefde en beskerming

DIS G'N WOKENESS

Transgender mense verdien ons liefde en beskerming

MAX DU PREEZ vertel die storie van 'n begaafde Kaapse dokter en weermagbrigadier se groot geheim en deel die trauma van mense wat ontuis voel met die geslag waarmee hulle by geboorte geklassifiseer is.

KAN jy, jy wat hier lees, onthou hoe mense om jou, dalk jy self ook, net ’n klompie jare gelede nog gesukkel het om te aanvaar dat homoseksualiteit ’n doodgewone verskynsel is wat so oud is soos ons spesie self? Dat dit niks van iemand sê buiten hulle seksuele oriëntasie nie?

Wel, ek kan nou vir jou sê dat jy dalk in die toekoms dieselfde oor transgender mense gaan dink: ’n natuurlike verskynsel so oud soos homo sapiens. En baie mense wat vandag skaam is dat hulle jare gelede van moffies en letties gepraat en gay mense as afwykings gesien het, gaan dieselfde skaamte aanvoel oor wat hulle vandag oor trans mense gedink en gesê het.

Ons siening van transgender word ongelukkig erg negatief deur die kulturele oorloë in Amerika beïnvloed. In regse en konserwatiewe kringe daar word transgender as ’n stok gebruik om almal en alles wat meer verdraagsaam of liberaal as hulle is, te slaan. Dit is verwerplike “wokeness” om transgender mense se regte en menswaardigheid te verdedig, sing dié koor...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.