Die Nuwe Voortrekkers, KWV 10 en ‘Sarie Marais’ in Ouagadougou

Die Nuwe Voortrekkers, KWV 10 en ‘Sarie Marais’ in Ouagadougou

MAX DU PREEZ vertel van die week presies 35 jaar gelede toe hy, Van Zyl Slabbert, Breyten Breytenbach en ’n paar ander ‘Sarie Marais’ vir die legendariese president van Burkina Faso, Thomas Sankara, gesing en Thabo Mbeki homself as ’n Afrikaner voorgestel het.

KAN jy onthou hoe Suid-Afrika in 1987 gelyk het? Daar was metaalverklikkers by sakesentrums om bomplanters te keer; duisende mense was sonder verhoor in die tronk; die UDF en Cosatu se “rolling mass action” het die land amper onregeerbaar gemaak; boikotte en sanksies het ons van die buitewêreld afgesny en ons ekonomie op sy knieë gedwing.

Die valke in die wit regerende establishment het geglo kosmetiese veranderinge aan apartheid en die ystervuis-onderdrukking van die anti-apartheidsmagte was die antwoord.

Die valke in die ANC-in-ballingskap en die Kommunisteparty het geglo die enigste pad na vryheid van apartheid was ’n gewapende stryd, ’n militêre oorwinning oor die wit regering...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.