×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Dis tyd vir ’n skietstilstand in Oekraïne

’N PAD HIERUIT

Dis tyd vir ’n skietstilstand in Oekraïne

MAX DU PREEZ bepeins die moraliteit en die prys van die oorlog in Oekraïne en ondersoek die moontlikhede van 'n vredesooreenkoms.

EK het nogal ’n obsessie met die oorlog in Oekraïne. Dis seker deels omdat ek al tyd in Rusland en Oekraïne deurgebring het en nog mense daar ken, maar ek dink dit is meer omdat ek besef dat die oorlog die wêreld waarin ek en my kinders leef, beduidend kan verander, dalk selfs globalisering kan omkeer.

Vandag is ek nogal bang dat ons, die mense wat nie regstreeks by die konflik betrokke is nie, moeg gaan raak en belangstelling in die oorlog gaan verloor. Die media se dekking van die oorlog is klaar op ’n veel laer vlak en nou begin dit lyk asof sommige Westerse lande op die punt staan om vir Volodymyr Zelensky en Vladimir Putin te sê: Ag toe nou kêrels, hou nou op met julle nonsens, julle maak die lewe vir ons almal ongemaklik.

Die diplomatieke ghoeroe uit die Koue Oorlog-era Henry Kissinger het juis laas week in Davos verklaar dat Oekraïne vrede moet koop deur van sy grondgebied af te staan...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.